Transvaalse Omelet

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Weg Tydskrif (Noord-Wes Omelet) (vir 6-8 mense)
Bestanddele:
1 Blik (410 g) geroomde mielies
350 ml Melk
100 ml Water
2 Eiers
2 Koppies meel
1 Teelepel paprika
1 Teelepel sout

VIR DIE VULSEL
1 Pak (250 g) strepiespek
2 Pakke (500 g) knopiesampioene, gesny
Sout en peper na smaak
12 Groot eiers
’n Groot hand vol gerasperde cheddarkaas

Metode:
1.
 Meng die mielies, melk, water en eiers saam en voeg dan die droë bestanddele by. Roer die mengsel tot glad en sonder klonte, en laat rus dit dan vir 30 minute.
2. Skep die mengsel lepel vir lepel in ’n braaipan – so 5 eetlepels per pannekoek – en bak die pannekoek tot die kante liggies bruin is en begin omkrul. Draai die pannekoek om en bak dit ook aan die ander kant tot goudbruin. Herhaal die proses tot al die beslag op is en hou die pannekoeke eenkant.
3. Maak die vulsel. Verhit ’n pan op ’n gasbraai en braai die spek tot dit bros is. Skep dit uit en hou dit eenkant.
4. Braai die sampioene in die spek se vet goudbruin. Geur dit met sout en peper na smaak, en skep dit uit sodra die sampioene bruin is.
5. Breek die eiers in dieselfde pan, maar tel tot 10 voor jy dit die eerste keer roer. Geur dit dan met sout en peper en panbraai dit totdat die roereier styf genoeg is na jou smaak.
6. Skep gelyke hoeveelhede eier oor die een helfte van elke pannekoek. Skep nou spekrepies en sampioen by. Sprinkel kaas oor en vou die pannekoek toe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 198 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *