TUNA BREYANI

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
10 ml olie,
1 klein ui, in ringe gesny,
1 stuk pypkaneel,
2,5 ml rissiepoeier,
2,5 ml komyn,
100 ml hoenderaftreksel,
2 aartappels, geskil en in skywe gesny,
klein blikkie gemengde groente, gedreineer,
1 blikkie tuna, gedreineer, sout en peper.

Bestanddele
Verhit olie en soteer ui tot sag.  Voeg pypkaneel, rissiepoeier en komyn by.  Roerbraai vir 1 minuut.  Voeg aartappels en aftreksel by.  Prut tot aartappels amper sag is.  Voeg groente en tuna by.  Meng goed en prut 10 minute.  Geur met sout en peper.  Bedien op rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 312 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *