Vinnige Hoender en Aartappel Wiggies

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Oorspronklik in Huisgenoot

Genoeg vir 6 mense

Bestanddele:
10 ml (2 t) Paprika
4 Tiemietakkies
Sout en peper
30 ml (2 e) Olie
1 kg Kwart Hoender stukke (Gunsakke) (4)
4 Aartappels, in wîe gesny

Metode:
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.

2 Meng die paprika, tiemieblare, sout, peper en olie. Verf van die mengsel oor die hoenderstukke.
Bak 30 minute in die oond.

3 Meng intussen die aartappels deur die oorblywende paprika-mengsel.
Gooi op ’n bakpan uit. Voeg dit ná 10 minute by die hoender en bak die laaste 20 minute saam met die hoender.

4 Sit die hoender met die aartappelwiggies voor.
Huisgenoot

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 261 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *