VISVINGER-EN-RYSGEREG (6 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron 

Bestanddele
15 ml botter,
15 ml olie,
2 uie, gekap,
2 ml kerriepoeier,
125 ml gerasperde kaas, sout en peper,
375 ml matige dik witsous,
500 ml gaar rys,
10 ml suurlemoensap,
16 – 20 bevrore visvingers,
2 ml paprika,
1 – 2 ryp tamaties, geskil en in skywe gesny.

Metode
Verhit botter en olie in ‘n pan en braai uie tot sag en deurskynend.  Voeg die kerriepoeier by en braai liggies.  Meng die uiemengsel met die kaas en witsous.  Geur met sout en peper.  Skep rys in gesmeerde pasteibord, sprinkel suurlemoensap oor visvingers en rangskik bo-op rys.  Skep witsous oor en rangskik tamatieskywe bo-op.  Bak 30 min.  (200*C)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 854 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *