1 Samuel 15:22

Vrydag 7 Okt.2016 Tema: Wat God haat (vervolg) 5
**** My eie woorde
**** In een van my CD’s meld ek dat ons werke ons nie red nie,
maar deur ons werke kan ons wel verlore gaan . Dit help nie ek
en jy doen allerhande wonderlike dinge nie, maar daardie stem
van die Heilige Gees wat met jou praat oor iets wat jy vir die
HERE moet doen , druk jy dood. Die HERE probeer altyd eerste
liefde want dis wie Hy is . Lees gerus vanoggend se getuienis.
Soms gebeur daar negatiewe dinge maar vorentoe sien mens
hoe Hy selfs die negatiewe in die positiewe verander .

1 Samuel 15:22 Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in
brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem
van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as
slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
Jer 31:3 Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het
jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met
goedertierenheid.

GETUIENISSE en TERUGVOER
MS getuig:
Ek wil net graag deel hoe goed die HERE vir my was. Ek het
gister 3/10/2016 by die werk my busgeld gevat en in my denim se
sak gesit en geloop om my maand se buskaartjies te gaan koop.
Ek het net agter die laaste person gestaan om te betaal, toe ek
my hand in my sak steek en daar is niks. Ek het dit verloor. Dit het
my die heel dag gepla. Ek het vervoer geleentheid gekry huis toe
en my vriendin het geld in my hand gestop en gesê dis net ‘n
geskenkie. Vroeg vanoggend kry ek ‘n SMS van my bank dat my
belasting geld inbetaal is. Ek kon nie weer slaap nie. Ek het dit
oordink, die Here gee die bietjie busgeld aan iemand wat dit
waarskynlik baie nodig gehad het en gee in my ander hand
soveel meer terug. Baie dankie my Here.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7.8 & 9 Okt… 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Corrie Rossouw verjaar 07 Oktober
David Volschenk 7 Okt
Jan Loots 7 Okt.
Rico Murphy 7 Okt
Martie Killian 7 Okt.
Kobus 7 Okt.
Marilyn Smith 8 Okt
Meisie Grobbelaar 8 Okt
Michelene Eises 8 Okt.
Caroline van Heerden 8 Okt.
Hendrik Frey 8 Okt.
Zelna Voges 9 Okt
Maryna Byrant 9 Okt.
Desere Lucas 9 Okt.
Hein v Wyk 9 Okt

Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 89 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *