Matt 6:31

Indien jy gedring voel om ‘n bydrae tot hierdie bediening
te maak, kan jy bankdata aanvra.
Maandag 31 Okt. 2016 Tema: As kommer toeslaan 1
**** My eie woorde
Matt 6:31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet,
of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al
hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet
dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar ……
**** Ek weet dat ons almal hierdie gedeelte seker al uit ons koppe
ken en mens se eerste antwoord is ….” Ag, Lente dis maklik vir
jou om te praat jy weet nie wat ek nou deurgaan nie” So kom ons
kyk weer na hierdie deel, want miskien weet ek nie, maar die
Here in die Hemel weet alles en daarom het Hy hierdie woorde vir
ons gegee. Hierdie gedeelte begin met die woord “daarom” so
wat staan dan voor dit wat is dan die rede?
30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en
môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle,
kleingelowiges?
****Jesus sê hier vir ons as ons Hemelse Vader vir gras sorg wat
vandag daar staan en more is dit weg…..hoeveel te meer sal Hy
vir ons sorg ….ons is mense geskape na Sy beeld. Dan sê Hy
….want hierdie dinge soek die “heidene” ‘n Heiden is iemand wat
nie in God glo nie. Ek en jy glo …ja maar ons fokus lê op eet en
drink en klere. Ons gesels dan more weer verder hieroor. Miskien
moet ek en jy VANDAG vir die Here sê: Here ek staan skuldig in
hierdie saak….vergewe my ongeloof. Kommer is ongeloof.
Onthou die probleem lê nooit by God nie, HY is volmaak en
alwetende vol liefde, dis ek en jy wat Hom nie genoeg vertrou nie

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 31 Okt. 016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Johan Losper 31 Okt.
Yolandi Loots 31 Okt
Stella Slabbert 31 Okt
Willie Janse v Rensburg 31 Okt.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *