Aartappel pizza

Kyknet

Bestanddele
800g aartappels (gaargemaak in skil)
2 eetlepels bruismeel
olyfolie
1 eetlepel druiwepitolie of groente-olie
seesout
grofgemaalde swartpeper
12 klein ansjovisfilette (in olie)
200g jong tamaties
handvol vars basiliekruid

Metode
Maak aartappels fyn (met skil). Meng meel by. Meng olie by en geur met sout
en peper. Druk plat in bodem van reghoekige gesmeerde oondbak. Sny tamaties
in helftes en dreineer ansjovis. Rangskik op aartappellaag. Bak in oond teen 180˚C
tot rante begin verbruin. Haal uit oond en laat effens afkoel. Breek basiliekruid
bo-oor en bedrup liggies met olyfolie. Geur met sout en peper indien nodig.
Sny in skywe en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 465 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *