COWBOY-KOS

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
250 g ontbytspek,
2 uie,
25 ml kookolie,
sout & peper,
1 tamatie,
2 blikke boontjies in tamatiesous.

Metode
Snipper spek en uie en braai in groot pan in kookolie tot dit begin verbruin.  Sny tamatie in blokkies en voeg by spekmengsel.  Braai 1 minuut.  Voeg boontjies by, meng en verhit tot goed warm.  Geur met sout & peper en skep op gesmeerde snye brood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,369 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *