Deuteronomium 8:17

Dinsdag 11 Okt. 2016 Tema: Die HERE is my krag 2
**** My eie woorde
****Die lewe is soos om wipplank te ry. Jy gee ’n skop en is, bo
en voordat jy mooi kan kyk is dit jou beurt om af te gaan.
Wanneer mens nie betyds jou voete neersit nie tref jy die aarde
met ’n harde slag en sukkel om weer jou skop te gee om op te
gaan. Wat is die goed in jou lewe wat opskiet om jou plat te gooi.
Daar is baie dinge siekte ,finansies , familie rusies, kinders , jou
werk of werkloosheid . Dan die wonderlike wete lê juis daarin dat
God daar is vir my en jou. Wanneer Hy op ons wipplank is, gee
Hy ons die krag sterkte en genade om op te staan en weer die
lewe met passie en ywer aan te pak. Die voorreg is juis dat Hy
ons Hemelse Vader is. Kyk mooi na vandag se teksvers… dit sê :
“maar dink aan die HERE jou God dat dit Hy is …” Dis Hy wat jou
krag gee en dis Hy wat jou optel, dis Hy wat Sy arm om jou sit en
sê :”My kind ek verstaan”

Deuteronomium 8:17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van
my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.
Deuteronomium 8:18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is
wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy Sy verbond kan
bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag
is.
Psalms 18:32 (18:33) God is dit wat my met krag omgord en my weg
volkome maak.
Psalms 18:39 (18:40) En U het my met krag omgord vir die stryd; U
het my teëstanders onder my laat buk.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 11 Okt. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Bettie Nel 11 Okt
Kotie Labuschagne 11 Okt
Lucas Esterhuizen 11 Okt.
Hester van der Spuy 11 Okt
Ruth Campbell 11 Okt
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *