Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren
Bestanddele
2.5kg suiker
5ml sout
5ml kremetart
500ml water
1l yskoue water
Metode
Plaas die suiker, sout en kremetart in ‘n groot kastrol en voeg 500ml water by. Verhit totdat al die suiker opgelos is, voordat die mengsel begin kook. Roer gedurig. Verwyder die suiker kristalle van die kante af met ‘n nat kwassie. Laat kook mengsel tot liggeel van kleur. Voeg die yswater baie stadig en baie versigitig by. (Die mengsel kook op en maak stoom) . Kook totdat stroop dik genoeg is. Die stroop moet ‘n draad van sowat 5cm lank van lepel afloop.
(Visited 325 times, 1 visits today)
Advertisements