Grondboontjie -en Rosyntjiekoekies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Een van my gunstelinge. Onverbeterlik saam met ’n koppie melkerige koffie.

Bestanddele:
430 ml Koekmeel
5 ml Bakpoeier
3 ml Koeksoda
3 ml Sout
310 ml Pitlose rosyne, grof gekap
250 ml Versiersuiker, gesif
125 ml Suiker (ligbruin of wit)
90 ml Sagte botter
125 ml Grondboontjiebotter (glad óf grof)
125 ml Olie
10 ml Vanieljegeursel
1 Eier

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade C en hou ’n paar ongesmeerde bakplate gereed. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en rosyne saam in ’n groot bak. Klits die versiersuiker, bruinsuiker, botter, grondboontjiebotter, olie, vanieljegeursel en eier saam tot glad en voeg by die droë bestanddele. Meng goed tot ’n sagte deeg. Skep eetlepelsvol van die deeg ver uitmekaar op die bakplate en druk effens plat. Bak vir 12-15 minute tot diekoekies buite-om goudbruin is. Laat op die plate afkoel tot ferm genoeg om te hanteer en pak dan op draadrakke om heeltemal af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer. Lewer sowat 50 groot koekies.

Landbouweekblad 24 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 263 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *