HOENDER A LA KING (6 – 8 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 groterige hoender,
2 uie, fyngekap,
1 blokkie hoenderekstrak,
60 ml botter,
1 blikkie geroomde sampioene,
25 ml fyngekapte pieterselie,
1 pakkie hoenderroomsop.

Metode
Kook hoender met ekstrak in soveel kookwater dat daar uiteindelik 400 ml sous is wanneer die hoender gaar is. Ontbeen hoender en sny vleis in stukkies. Braai uie in botter tot sag. Voeg sampioene en pieterselie by. Meng soppoeier met 250 ml van hoendersous en roer by uiemengsel. Voeg res van sous by wanneer mengsel dik is, roer en laat opkook. Voeg vleis by, verlaag hitte en prut 10 minute. Roer af en toe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,422 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *