Joh 1V5

Maandag 17 Okt. 2016 Tema: Wanneer dit donker word 1
**** My eie woorde
**** Ek het tyd in beslag geneem om te bid oor vandag se tema.
Ek weet dat elkeen van ons al donkerte beleef het. Nie net fisiese
donkerte nie, maar jy ervaar jou omstandighede is donker en dis
asof die lig net nie weer sal deurbreek nie . Dit is hoe Israel
vanouds onder die Romeinse druk verkeer het. Hulle het
uitgeroep na God vir uitkoms. Klink dit bekend ? Alhoewel hulle
gewag het vir die Lig wat die wêreld sou kom verlig , het daardie
Lig vir my en jou, ja en vir ons land reeds gekom . Hierdie keer is
dit omgekeerd. Ons is ook in donkerte omhul en Hy wag dat ons
na die Lig sal draai wat die duisternis kan verdryf . Ons is ’n paar
mensies wat vas en bid vandag vir ons land, ons regering, vir
reën op hierdie dorre aarde, vir ons kinders en diegene wat
werkloos is, maar ook dat ons as ’n volk sal terugdraai na ons
Skepper God. Lees vandag se teks gedeelte, dit kon net sowel in
gister se Rapport gestaan het.
Joh 1V5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit
nie oorweldig nie. 6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se
naam Johannes was. 7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die
lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. 8 Hy was nie die lig
nie, maar hy moes van die lig getuig. 9 Die waaragtige lig
Wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10 Hy was in
die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld
het Hom nie geken nie. 11 Hy het na Sy eiendom gekom, en
Sy eie mense het hom nie aangeneem nie. 12 maar almal wat
Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders
van God te word, aan hulle wat in Sy naam glo;
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 Okt. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Ilze Liebenberg 17 Okt
Elmarie Basson 17 Okt
Ria Jordaan 17 Okt
Elize Botha 17 Okt.
Danie Luttig 17 Okt
Drienie Berg 17 Okt
Erika Mckay 17 Okt.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *