Luk. 11:34

Woensdag 19 Okt. 2016 Tema: Wanneer dit donker word 3
**** My eie woorde
**** Vanoggend se teksgedeelte is nogal ernstig. Ek dink nie altyd
ons besef regtig dat dit wat binne-in ons aangaan wys deur ons
oë nie. Kyk gerus in iemand se oë wat ’n leuen vertel. Beter
woorde as wat Jesus gesê het, kan dit nie beskryf nie, lees dit
gerus vanoggend en kyk hoe pragtig Hy dit uitbeeld. Daarmee
saamkom ook die ernstige waarskuwing dat ons moet oppas dat
die lig in ons nie duisternis is nie. Dit is juis omdat daar soveel
misleiding is. Daarom moet ek en jy seker maak dat dit wat ons
het aan die woord gekoppel is. Onthou die soekers sal vind maar
dit gaan oor die opregtheid van jou hart.

Luk. 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan
reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is
jou liggaam ook donker. V35 Pas dan op dat die lig in jou nie
duisternis is nie. V36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie
enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net
soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
Deut. 4:29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en
vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19 Okt.. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Hendrik Nagel 19 Okt.
Rika Harper 19 Okt.
Nicoleen Ross 19 Okt
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *