Prediker 3V2

Dinsdag 25 Okt. 2016 Tema: Tyd is min 2
**** My eie woorde
Prediker 3V2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe,…
**** Nie een van ons het beheer oor ons geboorte gehad nie nog
minder kan of mag ons besluit wanneer ons moet sterf. Waaroor
ons wel beheer het, is dit wat ons met ons lewe tussen
daardie twee uiterstes doen. By dit alles sê die Here: Onthou toe
Satan Job voor God aangekla het, kon hy alles doen maar hy kon
nie sy lewe neem nie, daardie besluit l by Hom wat lewe gee en
neem.
Jer. 1: V5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek
jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy…..
*** So wat is God se wil vir my en jou lewe dan?
Jer. 29V11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here:
voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n
verwagting! V12 Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek
sal julle gebede verhoor. V13 Julle sal vra na my wil en julle sal
dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
*** Spandeer jy tyd met Hom om Sy wil vir jou lewe te ken?
Maak vandag tyd om na Hom te luister want Hy het tyd gemaak
aan die kruis vir my en vir jou
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Okt. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Anneli Agenbach 25 Okt
Henrietta Strydom 25 Okt
Charl Theron 25 Okt.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *