Ps. 139:11

Donderdag 20 Okt.. 2016 Tema: Wanneer dit donker word 4
**** My eie woorde
**** Ek het hierdie Psalm al soveel keer gelees maar vanmôre is
dit weer nuut toe ek lees dat vir ons HERE is selfs die duisternis
nie donker nie . Waarom nie ? Want Hy is lig en Sy
teenwoordigheid verdryf donkerte. Wat is jou donkerte vandag ?
Onthou Jesus ons Verlosser maak dit lig. Niemand het gesê dit
gaan maklik wees nie, maar om ons geloof en vertrou te ontwikkel
en te versterk het ons donkerte nodig sodat ons kan vashou aan
die Lig
Ps. 139:11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en
die lig nag wees tot my beskutting, V12 dan is selfs die duisternis
vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die
duisternis is soos die lig.
Efes. 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie,
maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die
lug.
Joh 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as
almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20 Okt.2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Mev MM Bodenstein 20 Okt
Cobus Grobbelaar 20 Okt
Johan Grobbelaar 20 Okt
Mev MM Bodenstein 20 Okt
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *