Skillie se bacon kips en groenteslaai

Ingestuur deur Koekoes Vorster

Bestanddele
250g gemengde groente
1\2 Boks Bacon Kips, fyn gebreek, enige geur
1\2 koppie chedderkaas in klein blokkies gesny
1 skyf gewone fetta kaas
Mayonaise na smaak

Metode
Stoom die groente vir 5 minute. Dit moet krakerig wees.
Laat die groente heeltemal afkoel.
Roer nou die bacon kips en die groente bymekaar.
Roer nou die kaas by.
Roer nou die mayonaise by.
Verkrummel die fetakaas bo-oor die mengsel.
Plaas in die yskas tot benodig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 591 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *