Ysberg Kropslaai

Maak ‘n hap
Bestanddele:
2 klein goed gevormde bros blaarslaaikoppe, elk gehalveer
Alternatiewelik een groot slaaikop, in kwarte gedeel
Sous:
Een hele wiggie bloukaas
150 ml room
50 ml wit asyn of suurlemoensap
Vleis:
1 volstruisfilet om en by 500 g
Willow Creek Jalapeño geur olyfolie
10 ml Braaispeserye
10 ml fyn Kaneel
Vanieljesaadjies van ‘n halwe peul
Waatlemoen in  dobbelsteentjies gesny
Jy kan ook nektarienskyfies of vars vye effens karameliseer
Metode:
Vryf die volstruisfilet goed met die Jalapeño-olie, speserye en vanieljesaadjies. Braai liggaar en goed verbruin in ‘n warm pan en laat rus die vleis. Verpulp die kaas, room en asyn saam tot ‘n lekker dik slaaisous en giet bo-oor die Kropslaai. Indien die sous baie dik is, kan jy dit effens met koue water verdun. Dit gaan van jou roomgehalte afhang, maar jy wil ‘n lekker dik, loperige sous hê. Sny die vleis in flentertjies en rangskik rondom die slaai saam met die vrugte. Bedien saam met ‘n  heerlike effens verkoelde Pinotage.
Wenk:
Hierdie slaai kan sonder die vleis bedien word
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 247 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *