1 Konings 13 V6

Maandag 21 Nov. 2016 Tema: Help dit om te bid 1
**** My eie woorde
****Help dit nog om te bid? In vandag se teks sien ons ‘n
wonderwerk wat gebeur MAAR eers moes daar gebid word. Die
woord sê die man van God het dit van die HERE afgesmeek.
Kom ons sê ek skuld iemand R10,000 en my sperdatum is
vandag? Ek het keer op keer uitstel gevra en vandag is die heel
laaste datum.. Wanneer ek nou om genade gaan smeek hoe sal
ek dit doen? Ek gaan nie net sommerso terloops vra nie. Tog is
dit dikwels hoe ek en jy met die HERE praat. Nog ‘n vraag jy en
ek het God se Seun Sy lewe laat gee anders sou ek en jy sterf .
Die sonde wat ek en jy elke dag doen is juis dit waarvoor Hy met
Sy lewe betaal het. Hoe vra mens om vergifnis vir so ‘n groot
prys…. Sommer net so haastig en bolangs. Here vergeef my al
sonde ? Wanneer jy vandag bid sluit jou oë en dank Hom opnuut
dat vir Sy lewe wat Hy vir my en jou afgelê het. Wat ook al jou
nood is smeek Hom vir uitkoms totdat die lig deurbreek.
1 Konings 13 V6 Toe begin die koning om aan die man van God
te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade
en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God
het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die
hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore
was.
Maleagi 3 V6 6 (AFR1953) Want Ek, die HERE, het nie verander
nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Helen Doman 21 Nov
Sylvia v d Vyver 21 Nov
Johan Geldenhuys 21 Nov
Emanuel Marais 21 Nov.
Stephanie Bauer 21 Nov
Barend Esterhuizen 21 Nov
Marietjie Ferriera 21 Nov.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *