Matt 6V5

Vrydag 25 Nov. 2016 Tema: Help dit om te bid 5
**** My eie woorde
**** Ek het hierdie week die vraag gestel: “Help dit om te bid?”
Die antwoord is dat dit beslis help. Ons hoor en sien oral hoe
verhoudings uitmekaar val omdat daar nie gepraat word nie. Net
so in ons geestelike lewe. Wanneer ek en jy ophou om met
Christus te praat maak ons die deur oop vir die vyand om in te
kom . Onthou dit beteken nie dat ons nooit swaar gaan kry nie,
maar die kosbare woorde van Jesus sê: “ Hou goeie moed” Hou
vas, hou aan, Hy kom- en dan sal ons weet alles was die moeite
werd.
Matt 6V5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die
geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en
op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense
gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg
het. 6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou
deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat
in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos
die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde
verhoor sal word.8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul
Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede
kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie
moed, Ek het die wêreld oorwin.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25,26 & 27 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Meisie du Plessis 25 Nov
Marcelle Myburgh 26 Nov
Yvette Swanepoel 26 Nov
Penelope Cilliers 26 Nov
Annelize Naude 27 Nov
Sanet Greyling 27 Nov.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *