Ps 25:4

Maandag 28 Nov. 2016 Tema: Is dit God se wil ? 1
**** My eie woorde
**** Elkeen van ons het al voor groot besluite in ons lewens
gekom. Hoe weet ek dis God se wil en nie my eie gedagtes nie .
Ons het mos elkeen ’n vrye keuse. Wanneer ek dan kies , kies ek
in Sy wil ? Lees gerus vandag se getuienis en weet ons kan Hom
raadpleeg en Hy hoor .
Ps 25:4 HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
1Joh 2:17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy
wat die wil van God doen, bly vir ewig.
Joh 7:17 As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy
aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself
spreek.
GETUIENISSE en TERUGVOER
RB getuig:
Ek is blanke man, Afrikaans en bo 50. Nie goeie kombinasie as
mens werk soek nie. Ek het in die afgelope 10 jaar 8 keer my werk
verloor as gevolg van “retrenchment” van die maatskappy wat
ophou bestaan, werkkontrak loop tot einde of dergelike rede. Ek
kon slegs kort termyn kontrak werk kry en het ook tussen dit
algemene onderhouds werk gedoen om dinge aan die gang te
hou. Eindelose werkaansoeke ingedien maar geen sukses. So
twee jaar gelede kon ek my eie houtwerk besigheid begin waar ek
darem bietjie meer kon werk en het dit nogal baie geniet. Ek het
dieselfde tyd ook opgehou om werkaansoeke in te stuur nadat die
Here my verseker het dat hy na ons omsien.

’n Paar maande gelede het die houtwerk ook opgedroog en het ek
geen inkomste gehad nie. Direk na my laaste houtwerk kommissie
skakel ‘n ou kollega my uit die bloute, nadat ek 3 jaar laas kontak
met haar gehad het, en sy vra of ek haar kan uithelp met ‘n
warehouse wat op die been moet kom. Na drie maande se werk is
die kontrak ook uitgeloop, maar voordat ek nog kon bedroef, kry ek
‘n permanente werk aanbieding van hulle, met salaris bo my
verwagting. Dit nadat ons vir 10 jaar onophoudelik daaroor gebid
het. Help gebede? Beslis ja. God se tydsberekening is net nie
dieselfde as ons s’n nie. God is goed en getrou, Hy sal ons gebede
verhoor. Aan Hom al die lof, dank en eer.
**** Amen
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 28 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Elma Janse van Vuuren 28 Nov.
Hendrikus Marais 28 Nov
Pastoor Johan du Rand 28 Nov
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 105 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *