2 Kon 20V1

Woensdag 23 Nov. 2016 Tema: Help dit om te bid 3
**** My eie woorde
**** Hiskia word dodelik siek. Die HERE stuur ’n profeet om vir
hom te sê hy gaan sterf. Ons leef steeds in ’n era waar ons dink
dat manne nie moet huil nie, maar hier sien ons hoe Hiskia voor
die HERE huil en hy bid. Jesaja is nog nie eens weg nie toe
beantwoord die HERE Hiskia se gebed. Kyk die kosbare woorde:
“Ek het jou gebed gehoor Ek het jou trane gesien” Wat ook al
jou las en sorg vandag mag wees, of jy ‘n man of ‘n vrou is, as jy
dit in opregtheid na die HERE bring, sal Hy jou hoor en jou trane
raaksien.
2 Kon 20V1 In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja,
die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom
gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal
sterwe en nie lewe nie. 2 Toe draai hy sy gesig na die muur, en
hy het gebid tot die HERE en gesê: 3 Ag, HERE, dink tog
daaraan dat ek voor U aangesig in trou en met ‘n volkome hart
gewandel het en gedoen het wat goed is in U oë. En Hiskía het
bitterlik geween. 4 En Jesaja het die middelste voorhof nog nie
uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en
gesê: 5 Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So
spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed
gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op
die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE.
6 En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad
uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad
beskut ter wille van My en my kneg Dawid. 7 Verder sê Jesaja:
Bring ‘n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit,
en hy het gesond geword.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 23 Nov.. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Sorien Schemel 23 Nov.
Bongani George 23 November
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *