Bief en Rys hutspot

Ingestuur deur Rika Theron

50 ml margarien,
1 ui, gekap,
500 g maalvleis,
410 g blik tamaties,
285 g blik sampioene,
125 ml rou rys,
1 biefblokkie fyngedruk,
3 ml gemengde kruie,
250 ml gerasperde kaas,
30 ml gekapte pieterselie,
tamatiewiggies en pieterselie vir garnering.

Smelt margarien en soteer uie en maalvleis daarin.
Voeg res van bestanddele behalwe garnering, kaas en kruie by.
Meng goed.  Skep in kasserol.
Meng kaas en pieterselie en sprinkel bo-op.  Bak (180*C) vir +- 20 minute.  Garneer met tamatie en pieterselie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 268 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *