Blomkool gereg


Ingestuur deur Rika Theron

1  medium blomkool,
1 klein ui, gekap,
1/2 pakkie spekvleis, gekap,
30 ml margarien,
250 ml kaas, gerasper,
40 ml koekmeel,
400 ml melk,
sout & peper.

Kook blomkool gewoonweg tot gaar, maar steeds bros.  Dreineer.
Braai uie en spek tot uie deurskynend en spek effens bros is.
Meng met blomkool.
SOUS:
Smelt botter in kastrol, voeg meel by en roer tot gladde pasta.
Verhit 1 minuut lank tot mengsel weer kook.  Roer gedurig.
Verwyder van hitte, voeg melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.
Plaas terug op stoof, voeg kaas by en verhit tot sous kook en verdik.
Geur met sout & peper.
Meng sous met blomkool en bak 20 minute tot effens bruin bo-op (180*C).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,849 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *