Growwe Beskuit

Ingestuur deur Rika Theron

1 kg koekmeel,
60 ml bakpoeier,
10 ml sout,
750 ml semels,
500 ml suiker,
200 ml sonneblomsaad,
200 ml hawermout,
500 g botter, gesmelt,
1 liter karringmelk,
4 ekstra-groot eiers, geklits.

Verhit oond (180*C) en smeer 3  x 28 cm broodpanne.
Voer bodems uit met bakpapier.
Meng droe bestanddele en maak ‘n holte in die middel.
Giet die botter, karringmelk en eiers in die holte.
Roer tot goed gemeng.
Skep in panne en bak 50 – 60 minute tot gaar.
Laat 5 minute in panne afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel.  S
ny in vingers en droog uit (60*C) vir 6 – 8 uur.  Lewer 9 dosyn

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,479 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *