Klapper Meringue Koekies


Ingestuur deur Rika Theron

KORS:
90 g margarien,
2 eiergele,
125 g strooisuiker,
30 ml melk, vanieljegeursel,
180 g bruismeel,
2,5 ml sout.

BOLAAG:
2 eierwitte,
60 g klapper,
125 g strooisuiker,
gekapte kersies en neute.

Verroom margarien en suiker, klits eiergele, melk en geursel in.
Vou meel en sout in.  Smeer rolkoekpan en voer uit.
Druk mengsel in pan.
Klits eierwitte styf, voeg klapper en suiker by.
Sprei mengsel oor bodem en besprinkel met kersies en neute.
Bak in matige oond (160 – 180*C) vir omtrent 30 min.
Sodra dit afgekoel het, sny en haal uit pan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 210 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *