Luk 18V1

Vrydag 4 Nov.. 2016 Tema: As kommer toeslaan 5
**** My eie woorde
In vanoggend se skrif gedeelte staan ’n paar goedjies uit .
eerstens dat ons gedurig moet bid sonder om moedeloos te word.
Tweedens dat ons dag en nag na Hom kan roep. Dan die
belangrike vraag sal Jesus geloof vind wanneer Hy terugkom om
Sy kinders te kom haal .
Luk 18V1 En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die
oog daarop dat ‘n mens GEDURIG MOET BID EN NIE
MOEDELOOS WORD NIE, 2 en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n
stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. 3 En
daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom
gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. 4 En ‘n
tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al
vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, 5 tog sal
ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen,
sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. 6 Toe sê
die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. 7 Sal God dan
nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom
roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 8 Ek sê vir
julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van
die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
**** Miskien voel jy dat jy nie een van Sy uitverkorenes is nie en
daarom hoor Hy jou nie. Dis nie waar nie.
Titus2V11 Want die reddende genade van God het aan alle
mense verskyn.
****Daarom kan jy aanhou bid. Ons kan nie die Here beïndruk
met ons mooi woorde en gebede nie. ‘n Eenvoudige gebed uit ‘n
opregte hart, dis al wat Hy vra.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Ek dink daar is oral oor dankbaarheid waar daar reën geval
het. Nogtans is daar plekke waar dit dor en droog is.
Mag Hy ook daar genade en uitkoms gee omdat ons aanhou vra.
My vraag is, het jy al op jou knieë gevra HERE gee vir ons reën
asb. of is dit ’n boodskappie wat jy gou “forward” die ander sal
mos bid. Dalk wag Hy juis net vir jou gebed
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4,5 &6 Nov… 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Marie Reid 4 Nov
Marscha du Plessis 4 Nov.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 55 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *