Matt 6:3

Woensdag 2 Nov.. 2016 Tema: As kommer toeslaan 3
**** My eie woorde
Matt 6:3 Maar soek eers die koninkryk van God…….
EN SY GEREGTIGHEID,
*** Die gedeelte sê dan nou verder EN SY geregtigheid. Ons het
gister gekyk hoe soek mens na God se koninkryk, maar die vraag
is hoe soek mens na Sy geregtigheid. Die probleem lê by my en
jou omdat ons nie die Woord lees soos dit daar staan nie. Dit sê
SOEK…en dan sê dit waarna moet ons soek….na SY
GEREGTIGHEID. Wat beteken geregtigheid. As ons weet wat
ongeregtigheid-(sonde) beteken dan weet mens wat geregtigheid
beteken. Dan duik die vraag op dat ons mos almal elke dag
sondig. Dit is waar maar wat doen ek en jy wanneer ons gesondig
het, dis die verskil. Daarom moet ons ons eerder bekommer oor
ons sonde terwyl daar nog tyd is.
Matt 7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en
vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
So hoe soek mens dit anders as op jou knieë voor die Here
Spr. 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig
wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid
vind.
Jes. 59:2 maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword
tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle
verberg, sodat Hy nie hoor nie.
Jes 1:18 Kom NOU en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE:
al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu;
al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 19 As julle
GEWILLIG IS EN LUISTER, sal julle die goeie van die
land eet.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Nov.2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Charles Sanders 2 Nov

Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *