Matt 6:3 ~ As kommer toeslaan 2

Dinsdag 1 Nov.. 2016 Tema: As kommer toeslaan 2
**** My eie woorde
Matt 6:3 Maar soek EERS die koninkryk van God……. en
Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
**** Hierdie gedeelte sluit dan aan by gister se gedagte. Ons vra
vir ‘n klomp dinge maar hier is die voorskrif…..soek EERS die
koninkryk van God. Nou hoe doen mens dit?
Matt 13:45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n
koopman wat mooi pêrels soek; 46 en toe hy een baie kosbare
pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
47 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die
see gegooi word en van elke soort bymekaar bring;
Matt 19: 25 Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en
sê: Wie kan dan gered word? 26 Maar Jesus het hulle aangekyk
en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is
alle dinge moontlik.
**** Die vraag vir my en jou vandag is of ek en jy regtig waardeer
om vryheid van geloof te hê, om vrylik vanoggend die Woord van
God te oopmaak, om vanoggend my knie voor my skepper God te
buig sonder vervolging.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Vanoggend kan ek opnuut getuig dat God ’n waarmaker is van Sy
woord. Gister maak die HERE mense se harte oop vir hierdie
bediening – julle weet wie julle is , al wat ek kan sê is “ Baie
dankie” ! Ek sit gister en dink hoe ons gevas en gebid het vir reën,
vir ons regering en voor die stemdag dat alles goed sal verloop.
Die HERE hou ons regering en die besluit in Sy hand en Hy keer
dinge om op Sy tyd . Die verkiesing en afgeloop sonder
bloedvergieting en die vyand is boos, nou soek hy ander kanale.
Die reën ? Uit my hart uit glo ek die reën kom .
Matt 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die
hemele is;……. want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies,
en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 Nov.2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Lorrian Vorster 1 Nov.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *