Rice Crispie koekies

Resep van Anna Eksteen

300 ml (275 g) sagte botter

500 ml (425 g) suiker

10 ml vanieljegeursel

2 groot eiers, liggies geklits

625 ml (340 g) koekmeel

500 ml (155 g) droƫ klapper

500 ml (200 g) hawermout

5 ml fyn kaneel

5 ml bakpoeier

3 ml sout

500 ml Rice Crispies, effens fyngedruk

kleurstrooisels, sjokolade-vermicelli en glanskersies vir versiering

Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot romerig.

Roer die res van die bestanddele, behalwe die Rice Crispies en versierings, by.

Roer die Rice Crispies versigtig deur.

Rol die deeg in klein bolletjies en pak dit op gesmeerde bakplate.

Druk dit met ‘n vurk plat. Sprinkel verskillende versierings bo-oor.

Bak die koekies vir 12 tot 15 minute in ‘n verhitte oond.

Laat dit vir ‘n paar minute op die bakplate afkoel voordat jy die koekies op draadrakkies pak om heeltemal af te koel.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 641 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *