Romeine 8V31

Vrydag Nov.18. 2016 Tema: God is liefde 5
**** My eie woorde
****Vandag se gedeelte is een van die groot beloftes, dat NIKS Of
niemand my en jou van God se liefde kan skei nie. Dis EK en JY
wat van Hom af wegdraai. Dit maak nie saak waardeur jy gaan
nie, of wat ook al jou pla nie. Al VOEL jy HOE, wys vir die duiwel
hierdie gedeelte en sê vir hom, jou God het jou lief al voel jy dit
nie, jy GLO dit. So paar dae gelede tel ons een oggend ’n
verkluimde duifie in ons erf op. Ek sit hom onder ‘n gloeilampie en
pas hom op die hele dag. Ag hoe bly was ek toe hy weer teen die
middag warm en op en wakker is en ons kon hom weer laat
wegvlieg. As die HERE ‘n verkluimde duifie raaksien hoeveel te
meer ’n mens wat na Sy beeld gemaak is. Die vryheid in Sy
teenwoordigheid is ewig.

Romeine 8V31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As
God vír ons is, wie kan teen ons wees? 32 Hy wat selfs sy eie
Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee
het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik
skenk nie? 33 Wie sal beskuldiging inbring teen die
uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het,
ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand
van God is, wat ook vir ons intree. 35 Wie sal ons skei van
die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of
vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag
gedood, ons is gereken as slagskape. 37 Maar in al hierdie
dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad
het. 38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele
of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan
skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus,
onse Here, is nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 ,19 & 20 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Avril Wilken 18 Nov
Noleen Bauer 18 Nov
Gawie Nel 18 Nov.
Anne-Marie Seyfert 18 Nov
Edna Tolmay 19 Nov
Duelinda Botes 19 Nov
Marlize Muller 19 Nov.
Edna Tolmay 19 nov
Duelinda Botes 19 Nov.
Corrie Venter 20 Nov.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 131 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *