Soutert – maklik en vinnig

Die souttert is vinnig, maklik en heerlik.

As jou tyd min en jou huismense honger is, is hierdie resep net die ding!

■ 30 ml olie
■ 1 ui, gekap
■ 125 g sampioene, gesnipper
■ 125 g geurige kouevleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper
■ 250 ml gerasperde cheddarkaas
■ 1 wiel fetakaas, gekrummel
■ 30 ml fyngekapte pietersielie
■ 80 ml bruismeel
■ Sout en swartpeper na smaak
■ 4 eiers, geklits
■ 375 ml melk

Voorverhit die oond tot 190 grade C en smeer ’n middelslag-tertbord. Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar. Laat effens afkoel en roer die kouevleis, kase en pietersielie by. Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur. Klits die eiers en melk saam en voeg by. Roer tot goed gemeng. Giet egalig in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is. Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai. Lewer agt porsies.

Vir n Gluten vrye opsie, gebruik die gluten vrye meel.  Maar vermeerdig dit na 100ml toe.

En van die hoender poloni en ander koue vleise is gluten vry.
Baie dankie Phillie van Der Mescht  vir jou resep

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,397 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *