Spreuke 3:12

Dinsdag 15 Nov. 2016 Tema: God is liefde 2
**** My eie woorde
**** So dikwels vra mense…as God ons dan liefhet hoekom moet
ons so swaar kry, kyk net alles wat verkeerd gaan. Dit is juis
omdat God ons liefhet dat daardie goed met ons gebeur. Dink ‘n
bietjie na oor die laaste teksgedeelte…soos die Vader Jesus
liefgehad het…NET so lief het Hy ons. Sê vir my as jou kind stout
en ongehoorsaam is en sy/haar eie kop volg ….is dit nog jou
kind??? Natuurlik!! Daarmee sê ek nie eenmaal gered altyd gered
nie, maar God het ons SO lief Hy sal ALLES moontlik doen om
ons te red. Dan die anderkant is ook daar . Wanneer jy met jou
kind geraas het omdat jou kind stout was, is jou kind nog lief vir
jou?? Ons kan mos nie in God bly glo net as dit goed gaan of net
as dit sleg gaan nie. Hy bly ons Skepper maak nie saak hoe dit
gaan nie. Die keuse…dis ons eie keuse ons kan kies om Hom te
dien of om Hom nie te dien nie. Hy leer ons om van Hom
afhanklik te wees want dan breek ons die houvas van die bose
Spreuke 3:12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet,
ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
Open 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees
dan ywerig en bekeer jou.
Joh 15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook
liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. V10 As julle my gebooie
bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my
Vader bewaar en in sy liefde bly.
Matt 5:3 NV “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van
God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Ek het hierdie getuienis lank gelede ontvang maar plaas dit
weer want dit laat my besef wat vir ons klein lyk is vir God groot.
Hy roer die heelal as ons Hom vertrou
H getuig:
My kind se prefek speldjie was weg., Die hele naweek as ek
hom (my kind ) net sien dan het ek net gevra” “my kind soek jy
ooit die speld?” Dan sê hy net Mammie, Mammie kan maar n
ander een koop, maar ek voel net hoekom moet die ding voete
kry, so om die storie korter te maak, gister na ek van die kerk af
kom vra ek weer die storie en toe gaan ek na die gastekamer en
lig die bed op en daar kry ons dit. Hy sê baie dankie mamma, ek
sê toe nee my kind dit is God en Liewe Jesus wat my daarnatoe
gestuur het, want dit is mos van Vrydag wat ons die besigheid
soek.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Nov. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Schalk Grobbelaar 15 Nov.
Carline Rudolph 15 Nov.
Dirk Croucamp -oorlede
Louise de Wet 15 Nov
Stefan v Niekerk 15 Nov
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 98 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *