WATERTAND KERRIE HOENDERPOT VIR DIE BUITELEWE

Resep ingestuur deur Peet Mulder van Skeerpoort Skillie

IN DIE HUIS  SE VOORBEREIDING:-BESTANDDELE VIR KERRIESOUS

2 X GROOT UIE FYNGESNY.

2 X KNOFFELHUISIE FYNGESNY.

4 X OPGEHOOPTE  EETLEPELS KERRIE.

2 X OPGEHOOPTE EETLEPELS MASALA.

1 X OPGEHOOPTE EETLEPEL BORRIE.

250ml WIT DRUIWE ASYN.

400ml SUIKER.

150ml WATER.

2 X EELEPELS MIELIEBLOM ( MAIZENA) OPGELOS IN BIETJIE WATER.

3 X GESTERILISEERDE  400ml BOTTELS.

SOUT EN PEPER NA SMAAK.

METODE

  • KOOK AL DIE BESTANDELE SAAM.
  • WANNEER UIE GAAR IS GOOI DIE MIELIEBLOM BY EN ROER DEUR TOT KERRIEMENGSEL
  • SKEP KERRIEMENGSEL  IN BOTTELS EN SEëL EN LAAT AFKOEL EN BêRE.

BESTANDDELE VIR HOENDERPOT

8 X HOENDERKWARTE VERDEEL IN BOUDJIES EN DYE

1 X KOPPIE CANOLA OLIE

3 X GROOT UIE GROF GESNY

1 X VAN  GEBOTTELDE KERRIESOUS (SOOS HIERBO)

1 X TUISGEMAAKTE TAMATIE EN UIESMOOR ( OOK VOORHEEN VOORBEREI EN GEBêRE)

3 X GROOT WORTELS IN JULIENNE REPE GESNY

10 X KLEIN AARTAPPLES GEHALVEER ONGESKIL

1 X LITER “LEMOEN EN MANGO” VRUGTESAP

 

250gr VARS OPGEKERFDE SAMPIOENE

1 X PAKKIE MURGPAMPOENTJIES IN SKYWE GESNY.

250 gr VARS GROENBONE  GEKERF.

SOUT EN SUURLEMOEN PEPER NA SMAAK.

2 X BONDELS GOEIE VUURMAAKHOUT

2 X GOEIE BOTTELS WITWYN.(KAN MEER WEES ALLES NA SMAAK EN UITHOU VERMOë)

METODE VIR DIE GAARMAAK;

  • OOR WARM KOLE VERHIT DIE OLIE IN POT
  • BRAAI NOU HOENDERSTUKKE TOT BRUIN SAAM MET 1 VAN DIE GEKERFDE UIE, EK BRAAI IN SARSIES NIE ALMAL SAAM NIE, TE MOEILIK OM TE DRAAI.
  • MAAK EERSTE BOTTEL WYN OOP EN SKINK ‘n GLASIE EN SUIG DAARAAN.
  • DAARNA OPTOP WANNEER LEEG.
  • PAK HOENDERSTUKKE TERUG IN POT SAAM MET DIE RES VAN DIE UIE EN GOOI NOU DIE TAMATIEMOOR EN KERRIESOUS BY KOOK SO 15 MINUTE.
  • KOLE MOET NOU MATIG WEES, NIE TE WARM NIE.
  • GOOI NOU DIE VRUGTESAP BY EN KOOK DEUR, ONGEVEER30 NA 40 MINUTE.
  • GOOI NOU SO ‘n KOPPIE WITWYN IN DIE POT, ALLES IS NIE VIR DRINK NIE .
  • PAK NOU DIE GROENTE, EERSTE DIE AARTAPPLETJIES, DAN DIE WORTELS ,
  • NOU DIE BOONTJIES,
  • VAT NOU EERS WEER ‘n SLUKKIE VAN DIE WYN.
  • PLAAS DEKSEL OP POT
  • SIT NOU TERUG EN GENIET NOG WYN. SO ONGEVEER 1 UUR.
  • STROOI NOU SOUT EN PEPER BY POT
  • PAK DIE RES VAN DIE BESTANDDELE BY. SAMPIOENE LAASTE
  • SIT DEKSEL OP SIT TERUG VIR SO 30 MINUTE.
  • VERWYDER POT VAN KOLE EN LAAT RUS VIR SO 20 MINUTE.
  • TERWYL DIE POT RUS KAN JY RUSTIG SUIG AAN NOG ‘n GLASIE WYN
  • HOU BIETJIE WYN OOR VIR DIE ETENSTAFEL

BEDIEN SAAM MET WITRYS. EN SLAAI

 

 

 

 

 

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 498 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *