Psalms 77:10 (77:11)

Dinsdag 6 Des. 2016 Tema: Antwoorde 2
**** My eie woorde
**** Daar is alreeds so vakansie stemming in die lug. Die meeste
mense lyk dit vir my kyk vir winskope met kos vir die vakansie tyd
Vanoggend dink ek aan mense in nood. Hulle wat na antwoorde
soek. Hulle vir wie geld nie eers meer belangrik is nie of wat eerder
‘n honger het na liefde en omgee as na geld en goed wat vergaan.
Wanneer die kersliggies lankal uitgedoof is, en al die goed vergeet
is, dan bly God se troue liefde en sorg nog steeds daar want Hy
verander nie. Wanneer ek en jy dink dat almal ons vergeet het,
wees verseker Hy vergeet nie EEN van ons nie, hoe kan Hy? Ons
is dan in Sy handpalms in gegraveer met spykermerke. Mag jy
opnuut vandag ervaar dat Jesus vir jou omgee.
Psalms 77:10  (77:11) Toe het ek gesê: Dit is my grootste
bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
Maleagi 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle,
kinders van Jakob, is nie verteer nie.
Psalms 102:27 (102:28) Maar U bly dieselfde, en u jare het geen
einde nie.
Jes. 49V14 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here
het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar
nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou
vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in
die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 Des 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Geen bekend
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *