Brood, Sampioen en Kaas gebak

12 dun snye witbrood, korsies verwyder
45ml botter, gesmelt  (of Spray ‘n Cook)
625ml gerasperde Cheddarkaas
250g pak sampioene, in skywe gesny
½ groen soetrissie, ontpit en fyngekap
4 eiers, geklits
750ml melk
2,5ml paprika
1ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper

Smeer ‘n plat, oondvaste bak van 30 x 20 x 5cm of een met ‘n inhoudsmaat van ongeveer 2 liter.
Smeer die gesmelte botter liggies op albei kante van elke sny brood.
Halveer elke sny brood en rangskik die helfte van die brood in ‘n enkellaag op die bodem van die bak.
Sprinkel die helfte van die gerasperde kaas oor die broodskywe in die bak.
Plaas al die sampioenskywe bo-op. Herhaal die lae met die oorblywende broodskywe en gerasperde kaas.
Sprinkel groen soetrissie bo-oor. Klits die eiers en melk saam.
Geur met paprika, kruie, sout en peper. Gooi die eiermengsel oor die brood.
Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in die yskas. Bak in ‘n voorverhitte oond by 180C, vir ongeveer 35-45 minute of tot gestol en goudbruin bo-op.
Lewer 6 porsies.

(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui