Efesiers 6 vers 10 – 18

Goeie more, nog n naweek is verby en n nuwe week staar ons in die gesig. In my lewe sien ek, ek staan met Reuse voor my. En nogal gewonder hoekom Abba heeltyd praat oor 5klippe en nie bakstene nie en al die dingetjies. Ek wil myself en vir jou aan iets herinner.

Het jy jou wapenrusting aan?
Efesiers 6 vers 10 – 18

Helm van verlossing
Borswapen van geregtigheid
Gordel van die waarheid
Skoene vir die bereidheid om die evangelie te verkondig
Skild van geloof aan die linker hand
Twee snydende swaard; Ware evangelie van GOD.

Het jy die bloed van JESUS oor jou gepleit vir volle beskerming?
Het jy deur JESUS CHRISTUS vir jou engele gevra om jou op te pas?
Om dit te doen word jou gees, siel en vlees volkome beskerm.
Doen dit elke oggend en aand.
Om ons loop die vyand soos n brullende Leeu.

WIE IS JOU WARE VYAND?
EFESIERS 6 : 12
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

EFESIERS 6 : 18
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

ANGUS BUCHAN
The Lord reminds us that the battle is not against flesh and blood but against principalities and powers of the air. We know that the weapons we have are more than capable of pulling down those strongholds. Do no fear, but put on the armor of God daily.

From the day we are saved, we need to put God’s armor on every day. Once that is done, we need to stand, because the battle is not ours, it is the Lord’s. Put on the armor of God daily to enable you to fight the evil spirits in the heavenly realms.

REBECCA BROWN
God the Father says that you must make it a habit to always ask Him to renew His full armor on you every day. This will protect you from a lot of demonic attack.” “Do you mean the armor described in Ephesians chapter 6?” I asked.
“Yes, that’s it.”
“Oh, I guess I always thought that was just symbolic.”
“It is,” Michael replied, “But it is literal and real as well. It goes onto your spirit body.”
I realized that in His great mercy, the Lord had just given me two keys to gaining victory in the spiritual battle raging in my life.
“Thank you so much for coming to tell me,” I said.

“Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.” (SPREUKE 26:2).

“Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” (I KORINTHIËRS 10:13).

“Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.” (ROMEINE 13:12).

“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,” (II KORINTHIËRS 10:3-5).

Pleit soggens en saans die bloed van JESUS oor jou huis vir beskerming .

“want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.” (PSALMS 91:11).

“En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in. Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.” (SAGARÍA 2:5-6).
GOD HY is self die muur van vuur om Jerusalem . Vra dat GOD die muur van vuur om jou perseel sal wees vir volle beskerming in die Naam van Jesus Christus .

“Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.” (PSALMS 125:3-4).
GOD se die volgende oor jou grondgebied : Oor die grondgebied van die regverdiges sal ‘n goddelose nie die mag kry nie, sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.

“Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,” (PSALMS 146:3-5).
Hier waarsku GOD ons om nie ons vertroue op mense te stel nie : Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ‘n mens nie; hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.

“Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.” (SPREUKE 3:25-26).

“Want die verkeerde is vir die HERE ’n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.” (SPREUKE 3:32-33).

“Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te word.” (SPREUKE 19:23).

“Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.” (SPREUKE 26:2).

Ons almal wat die HEILIGE GEES ontvang het, vorm saam Een liggaam van CHRISTUS. ( 1Korintiers 12:12 – 31).

In Matteus 26:47–56 word JESUS gevange geneem . Toe een van SY dissipels die soldaat se oor afkap, het JESUS Hom sterk daar teenoor uitgespreek . In hierdie versie wat ek nou beskikbaar gaan stel, het GOD bewys aan almal dat ons met die HEILIGE GEES binne ons na GOD kan roep, en HY sal vir ons engele stuur en voorsien .
“Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?” (MATTHÉÜS 26:53).

Nou dis presies wat ek daagliks in my lewe doen . Ek roep na n Lewendige Almagtige GOD . En HY voorsien

1 KORINTIERS 6 : 3
3 Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.

Die bloed van Jesus is om ons teen God se wrath te beskerm van ons Sonde. Gaan lees in die woord oor die jaarlikse gebruik van die hoe priester om die offer te bring en die bloed op die versoen deksel te sprinkel. Nerens in die woord se dit ons moet die bloed pleit oor ons nie. Die Here self beskerm ons teen die bose sowel die Engele in Psa 91. Ons is daar om ook genees deur Sy wonde. Die bloed van ons Jesus is kosbaar want Hy was die lam geslag in die nuwe verbond vir versoening is van ons Sonde.

In die tyd van die volk Israel in Egipte het GOD tydens die laaste plaag van die Tien Plae opdrag gegee dat n lam geslag word en die bloed daarvan op die deur kosyne gesmeer word vir beskerming en teken dat die doods engel nie daar sal ingaan nie. Al die eers geborendes van die Egiptenaars het gesterwe. Mens en dier.

Vandag gebruik ek JESUS se bloed op dieselfde wyse vir beskerming oor myself, my besittings en my familie. Alles in gebed en natuurlik GOD se Wil en nie my wil nie. JESUS is die Lam wat vir ons geslag is. Ek vat 100 % verantwoordelikheid vir dit wat ek mense leer hier buite. Dit dra GOD se goedkeuring weg.

Ongelukkig is daar baie van ons mense wat astrale projeksie beoefen hier buite. Die Woord se “Die satan kom soos n dief in die nag” “Soos n engele van die lig” “Hy loop rond soos n brullende leeu opsoek na iemand om te verslind”. Met die Bloed van Jesus oor jou huis kan hierdie okkultiese aktiwiteit nie deurbreek nie.

Hulle kan nie in jou huis inkom nie. Uit ondervinding het ek geleer hoe ernstig en pervers hierdie aanslag van die satan oor die mensdom is. Gaan lees en doen meer ondersoek oor astrale projeksie.

GOD gee vir ons so baie voorbeelde en wapens om onsself te beskerm. Die Wapenrusting van GOD (EFESIERS 6) is nog n voorbeeld hiervan. Mense besef nie die erns van die dra van die wapenrusting nie. Ons ware vyand is in gees en nie in vlees nie (Efesiers 6:12).
So ook kan ons vra vir engele om ons te beskerm volgens Psalms 91 :11 in die Woord. Gebruik die 3 wapens van beskerming wat GOD vir ons gee:

-Die bloed van Jesus
-Die wapenrusting
-Die vra vir engele vir beskerming.

Mag jy n Geseende dag geniet Shalom tot more, Joey

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 425 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *