Geen groter bemoediging.

Geen groter bemoediging.

Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan, – Josua. 1:9.

Kan daar vir ñ mens ñ groter bemoediging wees as om te weet dat God met jou is? Oral en altyd. Waar jy ook al mag gaan.Josua het hierdie bemoediging, wat vier maal in hoofstuk een voorkom, beslis nodig gehad. Hy moes Moses opvolg. Op sigself al ñ geweldige taak. Maar daarby het Josua sy volk geken. Hy het geweet hoe wederstrewig en onbetroubaar hulle soms kan wees. By dit alle moes hy ook rekening hou met die vyandige nasies.

Nasies wat sterker was as Israel en wat versterkte stede bewoon het. Dit alles moes hy ook rekening hou net die vyandige nasies. Nasies wat sterker was as Israel, en wat versterkte stede bewoon het. Dit alles was meer as genoeg rede vir Josua om “bevrees en verskrik” te wees.

Ons kan ons voorstel wat dit vir hom moes beteken het toe die Here vir hom gesê het: Wees sterk en vol moed… Want Ek is met jou. Ek en jy het hierdie bemoediging net so nodig. Daar is baie dinge wat ons met vrees vervul.

Die toekoms is vir ons onbekend. Daar is gedugte vyande wat bose planne teen ons beraam. Ons voel soms so klein teen die groot wêreld om ons. Sal ons staande bly? Wat lê nog alles vir ons voor?

Of miskien is dit dinge in jou eie lewe wat jou bang en onseker maak. ñ Siekte of operasie. ñ Bekommernis wat jy in stilte dra.

Eien hierdie bemoedinging vir jou toe. Wees sterk en vol moed. Jy is nie alleen nie. God is met jou.

Dankie Here, dat U my nooit alleen sal laat nie. Dat U nooit ver van my is nie. Dat U ook nou by my is. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 215 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *