Gen 26:24

Dinsdag 31 Januarie 2017 Tema: Jy sal hierdeur kom… 2
**** My eie woorde:
**** Ons almal lei ‘n gematigde lewe .’n Tipe van ’n blou Maandag
lewe. Dan een of ander tyd in ons elkeen se lewe tref ons die
bodem en soos Josef land ons onder in die put. Ons dink ons sal
nooit hierdeur kan kom nie. Ons gaan deur die rituele van die
lewe en ervaar hierdie ding is net teveel . Tog wanneer ons opkyk
soos Josef in die put is daar bo vêr ’n lig wat skyn. Daardie lig wat
sê jy sal hierdie toets slaag jy sal hierdeur kom. Jy het gedink dat
die HERE jou stoksielalleen gelaat het – Hy het nie. Wees
verseker van die woord vandag waar Jesus ook vir jou sê: “ Ek is
met jou”
Gen 26:24 En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn
en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang
wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag
vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle;
nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie
ontsteld word en bang wees nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
Dankbare Ouma getuig:
My dogter wat 3 jaar gesukkel het om swanger te raak het uiteindelik
na baie gebed swanger geraak na haar 3de kunsmatige
insemminasie. ‘n Paar maande in die swangerskap in is daar op die
skandering opgetel dat daar fout is met die baba en dat ‘n reeks
toetse gedoen moet word onder andere ook vir down sindroom en
iets wat hulle vermoed het nie reg was met die brein nie. Ons het
begin bid en nooit opgehou nie. Sy het gegaan vir die toetse en
vrugwater is getrek wat ook ‘n risiko inhou dat sy die baba kon
verloor. Al die toetse het negatief terug gekom, maar die
bekommernis was steeds dat daar te veel vog op die brein is. Hy is
gebore, welgeskape en gesond. Die dierbaarste ou mensie wat 3.1
kg geweeg het. Ek dank ons God wat so groot en so goed is en wat
gebede verhoor. Dankie Vader vir daardie nuwe lewetjie wat U vir
hulle leen. Ons weet dat niks vir U onmoontlik is nie, maar ons is
party keer soooo ongelowig. Vergewe ons asseblief daarvoor.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 31 Januarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Gen 26:24”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *