Joh 15:6

Woensdag 18 Januarie 2017 Tema: Bly in Hom 3
**** My eie woorde
**** In vanoggend se gedeelte sien ons ernstige woorde. Jesus
sê dat indien ons nie in Hom bly nie, sal ons in die vuur land
soos lote wat verbrand word. Dit klink darem vreeslik, so asof
ons gedwing word. Tog is dit nie so nie. Hy sê duidelik in Sy
woord ons het ‘n keuse. Dan ook die wonderlike belofte dat
indien ons vir Hom ontsag het, sal Hy ons help om reg te kies.
Onthou ons behoort aan Hom en die bose het Sy kinders deur
sonde kom steel. Hy het ons kom terug koop deur Sy lewe en
Sy bloed en ons kan kies om dit te aanvaar of te verwerp.
Mag ek en jy hierdie dag opnuut bewus word van Hom aan ons
sy.

Joh 15:6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos
die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in
die vuur, en dit verbrand.
Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te
dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: óf die gode wat
julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, óf die gode
van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my
huis, ons sal die HERE dien.
Ps 25:12 Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom
leer aangaande die weg wat hy moet kies.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 Januarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Jacqueline Lourens 18 Jan
Martie Nortjé 18 Jan.
Cecilia Lambrechts 18 Jan.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *