Joh 15:8

Vrydag 20 Januarie 2017 Tema: Bly in Hom 5

**** My eie woorde
**** Jesus sê dat die Vader juis verheerlik word wanneer ons
baie vrugte dra. Hoe dra ons baie vrugte ? Ons gaan weer
terug na die boodskap waarmee Hy begin het naamlik…deur in
Hom te bly .Dan die interessante woorde indien ons Sy
gebooie bewaar sal ons in Sy liefde bly. Wat is daardie
gebooie dan, en is ons nie wetties nie. Sy gebooie is die Tien
reëls wat Hy met Sy eie vinger geskryf het en vir Moses gegee
het. Die wet wat aan die kruis genael is, is dat ons nie meer
lammertjies hoef te slag nie omdat Hy ons Lam is wat vir ons
geslag is . Dit gaan ons grootste toets in die laaste dae wees .

Joh 15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra;
en julle sal my dissipels wees. V9 Soos die Vader My
liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde
van My. V10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde
bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy
liefde bly. V11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle
kan bly en julle blydskap volkome kan word.
Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek
in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen
nie.
Joh 15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle
beveel.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20,21 & 22 Januarie2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Anthea Savahl 20 Jan
Daniel Rezant 20 Jan.
Laurinda du Plessis 21 Jan
Mariëtta Horn 22 Jan
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *