Knoffel Bolle

2 eiers
5 ml sout
25 ml olie
500 ml lou water of melk
60 ml suiker
10 gr kits gis
5 x 250ml meel

SOUS
180 ml botter
3 knoffel gerasper
25 ml fyn pietersielie
10 ml gemengde kruie ( indien verkies)

Gooi lou water of melk, kitsgis, olie, sout, eiers en suiker en 250 ml meel in voedselverwerker of Kenwood.
Meng goed en laat 15 minute staan.
Voeg res van meel by en knie tot sagte gladde deeg.
Laat dubbeld rys.
Maak sous aan deur botter te smelt en res van bestandele by te voeg.
Vorm jumbo eier grote en doop in gesmelte botter mengsel .
Pak in gesmeerde groot ronde ysterpot of glas bak 38 cm x28 cm en gooi res van gesmelte botter oor.
Bak vir 15 – 20 minute by 200°C
Sit blokkies kaas – Berg cheddar is heerlik- binne deegbolletjies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 168 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *