Mark 8:10;21.

Invloed ten goede of ten kwade.

Mark 8:10;21. En Hy het julle beveel en gesê: Pas op wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodus. – Mark 8:15.

ñ Mens moet op jou hoede wees vir verkeerde invloed, sê Jesus. Dit is soos suurdeeg. Dit werk aansteeklik.
Wat het Jesus met die beeld van die suurdeeg bedoel? Dit is duidelik dat Hy daarmee wou waarsku teen die verkeerde en gevaarlike invloed van die Fariseërs en die Herodiane (3-6). Die valse vroomheid en blatante skynheiligheid van die Fariseërs en die sedelike bedorwenheid van Herodes, hou ñ bedreiging in vir elkeen met wie hulle in aanraking kom. Hierdie waarskuwing van Jesus volg op die versoek van die Fariseërs dat Hy ñ teken moes doen (v11). Ten spyte van al die wondertekens van die Here, bly hulle hart verhard. Daarby is hulle motiewe nie suiwer nie. Die dissipels het Jesus se waarskuwing aanvanklik verkeerd verstaan. Hy knoop met hulle ñ geestelike gesprek aan, maar hulle neem sy woorde letterlik op.

Soms doen ek dit ook, want ek wil nie die waarheid direk hoor nie. As die skoen jou pas trek hom aan. Hy waarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs en Herodes, maar hulle dink dat Hy met hulle praat oor die brood wat hulle vergeet het om saam te neem (v 14,16).

Maar om terug te keer tot die beeld van die suurdeeg – ons almal oefen ñ invloed uit. ñ Invloed ten goede of ten kwade.

Elke ontmoeting, elke gesprek laat indrukke na. Na elke vriendskap laat ons iemand anders ryker of armer agter, het ons iets in hom opgebou of afbebreek. Watter soort invloed oefen jy uit? Watter soort stempel druk jy af op jou gesin, jou vriende, jou kollegas?

Los jy pyn, seer en verwyte agv My Way? Satan is besig om ons, en ons moet wyd kyk. Daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie. En niemand so doof soos hy wat nie wil hoor nie. Soms wonder mense waaroor gesels mens? Maklik vertel iemand wat die Here vir jou gedoen het. Staan jy in ry by bank?

Moenie die bybel in ou voor jou se keel af druk nie, wees n Jesus vir hom, bemoedig hom/haar. Gee n kompliment.

En in jou gesprek laat gesegde of sin uit die Woord val. Wow daai persoon dalk rock botton en jy se God is Good en Hyt jou so lief. Hoe weet jy of dit nie daai persoon vrymoedigheid gee om weer op te staan nie. So maklik om klippe te gooi, en mekaar seer te maak, en nog makliker om goed te doen.

Hemelse Vader, ek bid om ñ rein en nuutgemaakte lewe, sodat my woorde en dade ander ten goede mag beïnvloed. Bewaar my ook van verkeerde invloed. Salf my tong Here met U Salwing, skep vir ons n geleentheid om U Naam groot te maak en te verheerlik. In Jesus Naam Amen.

Mag jy n geseende dag geniet Shalom

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *