1Kron 29:17

Dinsdag 7 Februarie 2017 Tema: Waarom kry ons swaar 2
**** My eie woorde:
**** Daar is tye wat ons getugtig moet word maar dan die ander
deel waar die HERE ons harte toets. Waarom dan ons toets. Daar
is eienskappe in ons waarvan ons nie bewus is nie en dan
wanneer die HERE druk toepas kom ons ware kleure na vore .
Ek moet eerlik sê ek het die toets al menige maal gedop.

1Kron 29:17 En ek weet, my God, dat U die hart toets en
behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al
hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap
gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.
Ps 11:5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die
goddelose en die wat geweld liefhet.

*** Dien ek en jy die Here ten spyte van….of dien ons Hom omdat
Hy gee en sorg. As die toets kom, sit ons in sak en as of kan ek
en jy met eerlikheid soos Job sê

Job 1:21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom,
en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die
HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds
toegeskrywe nie

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Marinda v den Bergh 7 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 173 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *