2 Kor 12:8

Dinsdag 14 Februarie 2017 Tema: As versoeking toeslaan 2
**** My eie woorde:
**** Dis vir my so wonderlik om te weet dat daar groot manne in
die Bybel was wat ook gespartel het soos ons. Paulus sê hy het
3 maal gevra dat hierdie spesifieke aanval van Satan sou wyk en
Jesus se antwoord is “My genade is vir jou genoeg” Ons kan nie
versoeking alleen oorwin nie en die HERE sluit ons nie in ’n
glaskas toe dat niks naby ons kom nie. So Paulus roem nou
juis oor sy swakhede want hy weet dat die krag van Christus
in Hom woon.
2 Kor 12:8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my
sou wyk. V9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg,
want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in
my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
V10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node,
in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is,
dan is ek sterk.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Miennie Steyn 14 Feb
Ben Nouse 14 Feb
Rina Farmer 14 Feb
Yvette Night 14 Feb.
Alta Labuschagne 14 Feb

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *