Australiese vla-skyf

Australiese vla skyf

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

deur SARIE.com-span

Dié weergawe bestaan uit 2 lae blaardeeg met dik vla tussenin.
genoeg vir 1

1 x basiese blaardeeg (bl. 158), of
400 g-rol gekoopte blaardeeg

Vulsel
150 g (180 ml) strooisuiker
50 g (105 ml) mielieblom
125 ml water
6 eiergele
375 ml melk
375 ml room
60 g (65 ml) botter
1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap

Versiersel
230 g (440 ml) versiersuiker
sap van 2 suurlemoene
45 ml kakao

Kors Verhit oond tot 180 °C.
Rol blaardeeg op meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik uit.
Sny twee 25 cm-sirkels uit deeg en plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Plaas tweede vel papier bo-op deeg, met nog ’n bakplaat bo-op papier sodat dit die deeg afdruk. P
laas in oond en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en bros.
Laat afkoel.

Vulsel Klits suiker, mielieblom, water en eiergele saam in mengbak.
Bring melk, room, botter en vanieljesaadjies tot kookpunt.
Gooi oor eiermengsel terwyl jy klits.
Gooi mengsel terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot mengsel verdik soos witsous.
Laat verder kook vir 5 minute tot gaar.
Voer 24 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Plaas een sirkel blaardeeg in pan en gooi warm vulsel bo-op.
Plaas tweede sirkel bo-op en laat stol in yskas vir 3 – 4 uur.

Versiersel Meng versiersuiker en suurlemoensap.
Gooi ⅔ van mengsel oor koek.
Meng kakao by oorblywende ⅓ en maak patrone bo-op.
Verwyder ring van pan en sit voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 513 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Australiese vla-skyf”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *