BESTE MELKTERT OOIT


[ Lucia van der Westhuizen]
Hiervan kan ek getuig, maak net dit. Jy kan enige kors gebruik.
“En hoe weet ek dit?
Want ek het 18 resepte voor die een probeer.
Niemand het ‘WOW’ gesê nie.
Met die een is dit al wat almal sê.
Met hierdie resep, hou die tert sy vorm as jy dit bedien.
Koop sommer 2 klaar gemaakte melktert korse by spar,
of
Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter.

STAP 1
Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met
2 tl botter en 1 kaneelstokkie.
Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.

STAP 2
Sit in jou liquidizer
80 ml koekmeel,
80 ml maizena,
1 ml sout,
125 ml melk,
200 ml suiker,
3 eiers en
5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is.

STAP 3
Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik.
Hou aan roer, anders brand dit vas.
Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.

STAP 4
Gooi dit in leë dop.
Sprinkel kaneel oor.

Wag as jy kan.

WENK:
Jy moet met n whisk klits terwyl jy di mengsel by die warm mengsel gooi in n dun straaltjie! Ek maak groot hoeveelhede gelyk dan voeg ek so 2koppies vd warm melk in n dun straalttjie by die eiermengesel terwyl ek klits en dan voeg ek weer alles in n straaltjie by die res vd melk op die stoof terwyl ek klits! Die tertvulsel is gaar sodra jy di kastrol skeef hou en die die vulsel ”skoon” wegtrek vd boom of kante!

Met verguning van :lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,817 times, 9 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “BESTE MELKTERT OOIT”

  1. Gedekonstrueerde melktert
    Omdat ek meltert in veskillende grote bakke maak het ek my resep so gemaak dat ek hom maklik kan aanpas

    Ek meet water van kraan af om te bepaal hoeveel vulsel nodig is en laat so wysvinger breedte spasie vir kors
    Kors 1
    1 pakkie versapte marie koekies of tennis koekies
    1/2 koppie gesmelte botter
    Meng sommer in bak en vorm ‘n kors

    Kors 2
    Bestanddele
    2 k koekmeel 2 ml sout
    200 g botter 115 ml yswater
    15 ml suurlemoensap
    Metode
    Sif meel en sout saam. Rasper botter en vryf dit met die vingerpunte by die koekmeelmengsel in. Meng die yswater en die suurlemoensap en sprinkel dit oor die koekmeelmengsel. Knie ‘n paar sekondes lank, plaas in ‘n plastieksakkie en verkoel dit ‘n uur lank.
    Rol die deeg uit en voer pan uit met die deeg. Die dop word + – 12 minute lank blind gebak in ‘n voorverhitte oond by 200 – 230ºC.(hou baar dop dit moet net begin verbruin}

    Vulsel
    1 koppie melk 1 eetlepel Meziena
    1 eetlepel koekmeel 1/2 teelepel vlapoeier
    1 ekstra groot eier geskei en die wit styfgeklits
    1/4 karamel essens lknippie sout en knippie kaneel
    Hoe
    Gooi teelepel olyf of sonneblom olie in kastol
    Gooi melk, mezina, meel vlapoeieen sout in kastol sit plaat aan tot 3/4 merk en klits todat als in melk opgelos sodra hy begin kook draai plaat af tot by halpadmerk as die pap amper gaar is skep eetlepel van dit by eiergeel en essens mengsel en klits en voeg nog pap by tot goed deurgemeng em voeg nou stadig bu pap tewyul jy aanmekaar klits todat die pap totgaar is.Klirts helfte van die eierwir by sit plaat af en vou res van eierwit in. trek af vasn warm plaat en gooi in kors laar so 5 minte afkoel en strooi kaneel oor. Laat heeltemal tot kamertemratuur afkoel voor jy in yskas sit

    As jy nie die vulsel behoorlik inklits nie gaan jy roereier stukkies in jou vulsel kry
    As jy nie eierwit behoorlik inklits en invou nie gaan jy wit pereltjies in jou vulsel kly
    As jy twyfel oor die eiergrote kan jy n eksra eier vir elke drie bysit of ‘n afgestroopte teelepel vlapoeier
    As jy nie die terte tot kamertemperatuur laat afkoel voor jy dit in yskas het jy ‘n 90$ kans dat jou terte gaan bars

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *