Lewer 96
10 ml (2 t) bakpoeier
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
300 ml (1¼ k) suiker
250 g STORK BAKE
2 eiers
Geglasuurde kersies, gekap
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n paar bakplate.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die STORK BAKE by die mengsel in.
Klop die eiers en voeg dit by die mengsel.
Meng tot ’n stywe deeg vorm, maar moet dit nie te veel hanteer nie.
Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk vormpies uit.
Versier met kersies.
Plaas op ’n bakplaat en bak 12-15 minute tot gaar.
Laat effens afkoel op die bakplaat en laat dan heeltemal afkoel op ’n draadrakkie.
Bêre in ’n lugdigte houer.
Bron: Stork
(Visited 17,647 times, 16 visits today)
Advertisements
Soek graag die resep asb. Dankie
Goeie More. Ek het die resep aan jou gestuur