Brownies met 3 bestandele

1 blik kondensmelk
2 k beskuitjie krummels (digestive koekies werk lekkker)
1 k choc chips

 
Meng al die bestandele saam.
Gooi in 33 x 22 gesmeerde pan.
Bak by 180ºC vir 25 minute.
Sny in blokkies en geniet.
Het 1 koppie choc chips gebruik en 200g sjokolade gerasper.
Variasies
Gekapte neute
227 g Cadbury Wholenut/Hazelnut Slab gevat en blokkies in mikrobeker gegooi met 2-3 eetlepels melk en in mikro gesmelt.
Sodra brownies uit oond gehaal word, laat so 10 minuet afkoel en smeer sjokolade oor brownies
Wenk
Maak seker dat julle die brownies op die BOONSTE RAK sit in die oond, anders gaan dit aanbrand onder en langs die kante.
Ek het myne presies 25 minute gebak en dit was perfek!
Onderstaande by die res van die 3 bestandele gegooi, en na brownie uit die oond gekom het, gesmelte sjokolade sous met neute in oor gegooi.
½ koppie klapper, verminder die choc chip met half koppie
½ koppie (groen en rooi )cherries gehalveer,
½ koppie neute (met die koekroller fyner geslaan).
Bron: Onbekend

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 453 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *