HUISHOUDELIKE WENKE SAAMGESTEL DEUR DANIE SMUTS

AANGEBRANDEKOS:  AS JY AANGEBRANDE KOS VINNIG UIT ‘N KASTROL WIL

VERWYDER, KAN JY DIT VUL MET KOOKWATER WAARBY

TWEE EETLEPELS KOEKSODA OF SOUT GEVOEG IS

ASBLIK         :           KALK EN AMONIAK IN BODEM VAN ASBLIK

BESEM          :           OM DIE HARE VAN ‘N BESEM WEER STYF TE MAAK,

PLAAS BESEM IN ‘N OPLOSSING VAN 1 EETLEPEL

SOUT EN 4 ½ LITER WATER

BESKUITBLIK :      GOOI 1 TEELEPEL SUIKER IN DIE BLIK OM VARS TE

HOU

BROODBLIK :          ‘n HALWE AARTAPPEL IN DIE BLIK HOU BROOD VARS

                

KERSE :                    BRAND EGALIG EN STADIG AS DIT EERS 24 UUR IN DIE

YSKAS GELê HET.

KRANE :                    OM ‘N KRAAN MOOI BLINK TE KRY, VRYF DIT MET ‘N

HALWE AARTAPPEL.

MESSE :                    VRYF MESSE MET SUURLEMOENSAP BLINK MOOI

OOND :                      PLAAS ‘N SPONS OF ‘N LAP WAT IN AMMONIAK GEDOOP

IS, OORNAG IN DIE OOND OM VET TE VERWYDER

 

GOOI 1 KOPPIE SOUT, 1 KOPPIE KOEKSODA EN 1 KETEL

KOOKWATER IN ‘N RIOOL WAT MET VET VERSTOP IS.

DIE VETTERIGHEID LOS DADELIK OP

 

GOOI ELKE AAND NADAT DIE FINALE SKOTTELGOED

GEWAS IS, ‘N HANDVOL SOUT IN DIE AFVOERPYP AF.

DIE SOUT SAL LANGSAMERHAND IN DIE PYP AFBEWEEG

EN DIT VRY VAN VETTERIGHEID HOU.

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 329 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *